Lewende Woord Oos Tuisblad
David Hogan: Kyk hierdie video!
David Hogan & span het by ons bedien 20-22 Aug 2010. Ons het 'n wonderlike tyd saam gehad en die Here het werklik talle mense se lewens aangeraak. Hierdie video se beeldmateriaal is van ons uitreik in Mamelodi net buite Pretoria.
Laai preke af: Laai David Hogan se preke hier af. Preke is in mp3 formaat. Geniet dit.
Kom kuier saam met ons...
Lewende Woord Pretoria-Oos is 'n gemeente wat brand met 'n passie vir God en mense. As gelowiges is ons geroep om 'n verskil in ons samelewing te maak deur Jesus se liefde aan mense om ons te openbaar.
Kom kuier gerus by ons en kom deel saam met ons in hierdie droom om God se hart te bedien en om mense te inspireer om in 'n meer intieme verhouding met Jesus te lewe. Ons wag vir jou...









